top of page

Woensdag… 'n Albasterfles wat gebreek is (Mark 14:4)

Writer's picture: Johan DelportJohan Delport


Lees vandag: Matt. 21:18 – 26:16; Mark 11:11 – 14:11; Luk 20:1 – 22:6


Hierdie dag was een van die weinige blye dae van die laaste week. Jesus was glad nie in die stad gedurende hierdie dag nie. Maar in Jerusalem is die komplot op hierdie dag teen Jesus gesmee. Jesus se vriende reël op hierdie dag vir Hom 'n intieme maaltyd. Simon die melaatse was die gasheer. Lasarus en Martha was daar. As Maria opdaag bring sy 'n kosbare fles met nardussalf daarin.


Die waarde was gelyk aan die salaris van 'n jaar. Maria breek die nek van die bottel en maak die inhoud daarvan op Jesus leeg. Dit loop oor sy kop maar ook oor sy voete. Dan droog sy dit met haar hare op. Die manne brom daaroor, maar Jesus sê dat sy Hom vir sy begrafnis salf. Maria verrig haar goeie daad. Maria word deur Judas verwyt dat sy geld mors, maar hy verkoop Jesus vir dertig silwerstukke, die prys van 'n slaaf.


Versprei die Woord – SHARE dit asb!

352 views0 comments

Comments


087 255 5827

Palm Grove Centre, 21 Main St, Durbanville, Cape Town, 7550, South Africa

©2021 by Gesinskerk. Proudly created with Wix.com

bottom of page