top of page

Donderdag… 'n Soen verraai Jesus (Matt 26:46-49)



Lees vandag - Matt. 26:17-75; Mark 14:43 - 50; Luk 22:47-62; Joh. 18:1 – 27


Op hierdie dag is die Pasga geëet. Ook Jesus eet vir 'n laaste keer hierdie maaltyd saam met sy dissipels. Die volgende keer sou wees wanneer die koninkryk in sy volle vervulling sal gaan. Die dissipels stry oor wie van hulle die belangrikste is. Deur hulle voete te was wys Jesus waaroor dit ten diepste gaan. Daarmee wys Hy ook waarom Hy gekom het….om te kom dien. Hy breek ook die hartseer nuus dat iemand Hom gaan verraai. Jesus antwoord so dat Judas nie ontmasker word nie. Die hoogtepunt is wanneer Jesus die vierde beker, die beker van danksegging aan hulle gee. Jesus gee dit aan hulle met die woorde:"Dit is my bloed, die bloed van die Nuwe Testament, wat vir baie uitgestort is". Die Gasheer word die brood en die wyn. Na die ete gaan Jesus en sy dissipels na Getsemane. Hy bid maar sy dissipels raak aan die slaap. Judas daag met die soldate op en Jesus word met 'n soen verraai. Jesus word heen en weer gedurende die nag na Kajafas en Annas gestuur. 'n Klag moet gefabriseer word. In die proses verloën Petrus vir Jesus. Op 'n vraag of Jesus die Seun van God is antwoord Hy: "U het dit gesê"


Versprei die Woord – SHARE dit asb!

260 views0 comments
bottom of page