top of page

POPIA

Die Protection of Personal Information Act 4 of 2013 (“POPI-Wet”) tree op 1 Julie 2021 ten volle in werking. Die POPI-Wet het ‘n direkte invloed om ons as ‘n gemeente.  Hier is wat jy moet weet:

  • Watter inligting van my is in TGK se besit?

Op ons databasis is moontlik jou naam en van, geboortedatum en ouderdom, geslag, huwelikstatus, familieverbinding met ander gemeentelede, kontakbesonderhede (nommer en eposadres), woonadres, beroep, lidmaatskapstatus en ‘n foto.

  • Hoekom is my inligting in TGK se besit?

Een van ons doelwitte is om elke gemeentelid so effektief as moontlik te bedien. Ten einde ‘n effektiewe bediening en behoorlike kommunikasie te handhaaf, benodig ons jou bogenoemde inligting. Jou inligting help ons ook om ‘n profiel van jou saam te stel sodat ons ‘n beter aanduiding het van watter programme, kursusse, seminare en reekse jy moontlik mag hou. Ons kan jou dan dienooreenkomstig in kennis stel van enige opkomende programme, kursusse, seminare en reeks.

  • Is my inligting veilig?

TGK het streng vertroulikheidsmaatreëls in plek wat verseker dat jou inligting slegs deur TGK gebruik word vir bogenoemde doeleindes. Jou inligting word onder geen omstandighede aan derde partye uitgelek nie. Verder het TGK ook streng sekuriteitsmaatreëls in plek te verseker dat jou inligting veilig gestoor word en slegs deur gemagtigde persone bereik kan word.

  • Vir hoe lank word my inligting gehou?

TGK behou jou inligting vir so lank as wat jy deel van die gemeente is. Jou inligting word vernietig wanneer jy die gemeente verlaat of wanneer jy ons in kennis stel dat ons jou inligting moet wysig of vernietig.

  • Wat nou?

Ons POPI dokumentasie is hieronder beskikbaar. Indien jy jou inligting wil besigtig, wysig of verwyder, volg asseblief die instruksies in Aanhangsel G in POPI-2 se handleiding OF skakel die kantoor by info@gesinskerk.co.za.

POPI BELEIDE

1. POPI-1-POPI-COMPLIANCE-FRAMEWORK

2. POPI-2-POPI-PAIA-MANUAL

3. POPI-3-RECORDS-RETENTION-POLICY

4. POPI-4-DATA-BREACH-MANAGEMENT-POLICY

5. POPI-5-POPI-POLICY-for-approval-signed

6. POPI-6-ICT-POLICY

bottom of page